Die afgelope Sondag se erediens
Wat kan jy verwag . . .

Welkom
Baie welkom myKerk.com is die aanlyn kerk van Collage gemeente in Pretoria. Wanneer jy registreer het dit verskeie voordele waarvan die belangrikste is dat jy deel vorm van ʼn gemeente waar jy weekliks kan aanbid, jou in al jou lewensfases bedien, ʼn geestelike tuiste vir jou hele gesin word en jou in staat stel om geestelik te groei.
Live Streaming
Die aanbiddingsdiens word in werklike tyd (RSA tyd) om 9h00 en 18h00 ge-stream na Facebook en Youtube.
Om te registreer by Facebook kliek op die icon en "Like" die bladsy. Jy sal outomaties 'n kennisgewing ontvang wanneer dienste ge-stream word op Facebook.
Om te registreer by YouTube  kliek op die icon en "subscribe" by die kanaal. Jy sal outomaties 'n kennisgewing ontvang wanneer dienste ge-stream word op Youtube.
Jy kan ook deur die webtuiste kies om die aanbiddingsdiens by te woon op ‘n tyd wat vir jou gerieflik is. Die uitsending is so verpak dat jy op ‘n relevante wyse kan deelneem. Dit is gratis, registreer gerus om toegang te kry.
Kontak ons